Oor ons

Dit is een van Namibië se grootste sosiale gebeurtenisse. En elke jaar beplan ons om dit nog beter, groter en lekkerder te maak as in die verlede.

Die ou lekkertes is altyd daar: Standard Bank Motorskou, tonne heerlike biltong, Mej. Biltongfees, pretpark en sport vir die kinders en hope interessante stalletjies. Om van die lekker eetgoed nie eers te praat nie. Dan: natuurlik, die kunstenaars. Groot name!

Die Biltongfees word by SKW aangebied. SKW maak voorsiening vir baie parkering. Maar ons weet dat met so baie mense wat die fees bywoon, is parkering altyd 'n probleem. Daarom is veilige parkering by die omliggende sportstadions gereël.

Onthou: ons begin alreeds Vrydag. Vir die mense wat nie lus is vir Saterdag se vertrapping nie, is Vrydag die ideale tyd om te kom. Dan kan jy eerste die lekkerste biltong uitsoek. Vrydag se hoogtepunte is die tjokker-en ander skolesport en Mej. Biltongfees.

Saterdag is die besige dag: Die kunstenaars begin al in die oggend. En natuurlik die trekking van die kompetisiekaartjies met groot pryse om te wen.